Mpumalanga KZN-Noord Streek_BlouTransp-01

MPUMALANGA- en KZN-NOORD-STREEK

Mpumalanga KZN-Noord Streek_BlouTransp-01

MPUMALANGA- en KZN-NOORD-STREEK

Spanfotok

Ons streek bestaan uit ʼn saamwerkspan met ʼn hart vir hoop en ʼn visie om saam ʼn wesenlike verskil te maak deur hoop te skep vir die toekoms. Ons het omgeeharte en is taakgerig, gedrewe en passievol. Ons vestig takke, ontgin gemeenskappe en bied ondersteuning aan Ons Winkels deur die hele streek.

Mpumalanga- en KwaZulu-Natal-Noord-streek se span sluit ʼn streeksorganiseerder, Annemarie van Heerden, en assistent- streeksorganiseerder, Melissa Nel, in. Daphne Kleinhans is ons kliëntediensbeampte en Chris-Mari du Preez ons administratiewe beampte; saam sorg hulle dat die streek op administratiewe vlak floreer. Ons twee streeks- maatskaplike werkers, Sumari Rootman en Marla Louw, sorg vir maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling en hanteer aansoeke deur hulp te bied uit die Helpende Hand-netwerk, deur bronne te ontgin of deur verwysings.

Hierdie streek is bevoorreg dat Ons Plek Volksrust reeds ʼn gevestigde instelling is. Eldrike Geldenhuys is die bestuurder en haar span voorloper-onderwyseresse is Carla Joubert, Bianca Fourie, Laurissa Hammond en Meanet Rothman. Vir almal van hulle is ons kleuters en naskoolkinders uiters belangrik, en hulle sorg vir fisiese, geestelike en emosionele versorging.

Ons streek bestaan uit 29 takke, 7 dorpsverteenwoordigers en 16 Ons Winkels. Ons fokus op die weerloses in die gemeenskap: ouer persone, persone met gestremdhede, kinders en gesinne. Ons glo opleiding is die sleutel tot selfontwikkeling en ons streef daarna om kinders te aktiveer met #mensiemoed.

 

Ontmoet ons personeel

Annemarie_Individueel02

Annemarie van Heerden

Streeksorganiseerder
[email protected]
082 829 2546
Melissa_Individueel02

Melissa Nel

Assistent Streekorganiseerder
[email protected]
072 660 7345
Marla_Individueel

Marla Louw

Maatskaplike Werker
[email protected]
084 913 0349
Sumari_Individueel02

Sumari Rootman

Maatskaplike Werker
[email protected]
079 699 6045
WhatsApp Image 2022-10-27 at 08.02.19

Eldrike Geldenhuys

Bestuurder: Ons Plek Volksrust
Chris-Mari_Individueel02

Chris-Mari

Streek Administratiewe Beampte
[email protected]
072 180 2175
Daphne_individueel

Daphne Kleinhans

Kliëntediensbeampte: Takke Ondersteuning
[email protected]
084 446 6713

Nuus vanuit ons streek

Noordwes: Geesfees

24-26 Maart Geesfees
Read More

#TekkiesEnToks

28 September 2022 – Daar is nog enkele individuele plekke beskikbaar om die geleentheid by te woon.
Read More

Video: Duisende piesangs bring verligting

As dit piesangs reën, moet jy skep. Dit het ’n Gautengse sakeman en ondersteuner van Solidariteit Helpende Hand vinnig besef toe hy onlangs saam met sy vrou vir hul huweliksherdenking in Mpumalanga gaan vakansie hou het. “Ek en my vrou, Sussa, het in Maart in Marlothpark buite Komatipoort gaan vakansie hou toe ons een dag…
Read More

#FroueVonds

13 Oktober 2022 – Kom fliek in jou pajamas saam met Finesse Voelgoed Tydskrif en talle bekendes!
Read More

Die rol van jag in natuurbewaring

Daar is mense wat frons as hulle die woorde jag en natuurbewaring in een sinnetjie saam aantref, veral nog met die konnotasie dat díe twee begrippe enigsins met mekaar verband kan hou. Tog is jag vandag een van die belangrikste fasette of dan meganismes vir die effektiewe bewaring van die natuur. Jare gelede, voordat die impak van menslike oorbevolking…
Read More

Gee om, gee aan…

In Spreuke 18:21 lees ek vanoggend weer: “Dood en lewe is in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrugte daarvan eet.” Om vir ander om te gee, is iets wat die meeste van ons met relatief min moeite regkry.  Ek besef dat dit makliker is om vir mense naby…
Read More

Kalender

Mpumalanga en KZN-Noord

November 2024
S M D W T V S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930