Ons Plek Suidkus_Wit-01

Ons Plek Suidkus

Ons Plek Suidkus_Wit-01

ONS PLEK SUIDKUS

Ons Plek Suidkus (voorheen bekend as Pikkie Kleuterskool), was onder bestuur van Suid Natal Primêre Skool. Weens ‘n tekort aan fondse en nodige tyd is Solidariteit Helpende Hand genader om die kleuterskool oor te neem. Die Laerskool wou nie toekyk hoe die Kleuterskool ten gronde gaan nie en het geweet dat Helpende Hand dit na nuwe hoogtes sou neem.

Helpende Hand het die Kleuterskool oorgeneem gedurende September 2021 en het amptelik geopen op 10 November 2021.

Afrikaans is die enigste onderrigtaal en die leerplan word gebou op ‘n fondasie van Christelike en morele waardes.  Ons taal en geloof is ons trots.

Helpende Hand het dit goedgedink om ’n amptelike kurrikulum by die skool te vestig en het hande gevat met die grondslagfase departement van die onderwys fakulteit by die Noordwes Universiteit.

Die skool beskik oor die volgende:

  • Ouderdomme vanaf 3 maande tot 5 jaar
  • Gekwalifiseerde onderwysers
  • Bekostigbare skool fooie vir ouers
  • Warm, voedsame middagetes vir die kleuters
  • Stimulerende ontwikkelings programme
  • Skoolkomitee wat bestaan uit lede wat op organisasies in die gemeenskap dien en wat die skool se belange op die hart dra.
  • ‘n Naskooldiens word ook aangebied op ons perseel vir graad R leerders

Die kleuterskool waar kleuters leer om te speel en speel om te leer!

Ontmoet ons personeel

Angelique JV Rensburg

Angelique Janse van Rensburg

Sentrumbestuurder
[email protected]

039 682 0773 / 076 565 2976
Ronelle Breytenbach

Ronelle Breytenbach

Administratiewe Beampte
Amorie Sukkels

Amorie Sukkels

Onderwyseres
Eljani van Biljon

Eljani van Biljon

Onderwyseres
Thandekile Cele

Thandekile Cele

Algemene assistent
Nqobile Ngesi

Nqobile Ngezi

Algemene assistent
Zimbili Mgesi

Zimbili Mgesi

Algemene assistent
Lulu Khwela

Lulu Khwela

Algemene assistent

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1