MPUMALANGA- en KZN-NOORD-STREEK

Ons streek bestaan uit ʼn saamwerkspan met ʼn hart vir hoop en ʼn visie om saam ʼn wesenlike verskil te maak deur hoop te skep vir die toekoms. Ons het omgeeharte en is taakgerig, gedrewe en passievol. Ons vestig takke, ontgin gemeenskappe en bied ondersteuning aan Ons Winkels deur die hele streek.

Mpumalanga- en KwaZulu-Natal-Noord-streek se span sluit ʼn streeksorganiseerder, Annemarie van Heerden, en assistent- streeksorganiseerder, Melissa Nel, in. Daphne Kleinhans is ons kliëntediensbeampte en Chris-Mari du Preez ons administratiewe beampte; saam sorg hulle dat die streek op administratiewe vlak floreer. Ons twee streeks- maatskaplike werkers, Sumari Rootman en Marla Louw, sorg vir maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling en hanteer aansoeke deur hulp te bied uit die Helpende Hand-netwerk, deur bronne te ontgin of deur verwysings.

Hierdie streek is bevoorreg dat Ons Plek Volksrust reeds ʼn gevestigde instelling is. Eldrike Geldenhuys is die bestuurder en haar span voorloper-onderwyseresse is Carla Joubert, Bianca Fourie, Laurissa Hammond en Meanet Rothman. Vir almal van hulle is ons kleuters en naskoolkinders uiters belangrik, en hulle sorg vir fisiese, geestelike en emosionele versorging.

Ons streek bestaan uit 29 takke, 7 dorpsverteenwoordigers en 16 Ons Winkels. Ons fokus op die weerloses in die gemeenskap: ouer persone, persone met gestremdhede, kinders en gesinne. Ons glo opleiding is die sleutel tot selfontwikkeling en ons streef daarna om kinders te aktiveer met #mensiemoed.

WELKOM VIDEO

Kalender

Maart 2024
S M D W T V S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Ons Foto's

Call to action

Hier kan julle 'n call to action insit

Tab One

This is tab content. Click to edit this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Tab Two

This is tab content. Click to edit this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Tab Three

This is tab content. Click to edit this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.